Hoeko’ So Serious? Lag ‘n Bietjie Vir Hierdie Flou Afrikaans Jokes
Almal het al ‘n Gatiep- en Meraai-grappie gehoor, of een oor Gammat en Abdol. Suid-Afrikaanse humor sou nie dieselfde wees sonder hierdie versinne karakters nie. Hulle clueless gedrag en skreeusnaakse onnoselheid is legendaries. Ja, ons erken—sommige van hierdie grappies kan dalk op die stereotipe van die onopgevoede Coloured leun, maar hierdie karakters verdien hul plekkie in die Jokes Hall of Fame, as daar só iets is. Met alles wat deesdae om ons aan die gang is, kan ons almal ‘n bietjie meer lag, so kom ons geniet hierdie Afrikaanse grappies sonder om daaroor te dink.
Gammat and Abdol Afrikaans Jokes
1. Gammat vra vir Abdol: “Hoe’s die sex life, my broe?”
Abdol antwoord: “Nai, soes coke my bru!!”
Gammat: “Hoe soe?”
Abdol: “Nai, eers was dit LEKKER, toe word dit LIGHT en nou is dit ZERO.”
***
2. Gammat en abdol is twee nuutaangestelde konstabels en kom op n ongelukstoneel. Hulle sien die voertuig se wrak,maar geen mense nie. Na n rukkie vind hulle egter n koplose liggaam. Hulle soek toe na die kop. Na n lang gesoek, gee hulle moed op. Gamat sê egter: ek het n plan! Kom ons kielie die liggaam en as hy lag, sal ons mos die kop kry.”
***
3. Gammat en Abdol loop af in die straat. Skielik krap Gammat sy lyf en kry n vlooi. Hy kyk die vlooi aan en hou dit in sy hand en laat die dit wegspring.
Abdol vra: “My broe,hoekom het djy nie die ding vrek gemaak nie?
Gammat sê toe: “Is jy mal? Daai was my blood-brother!”
Soos hulle verder loop, begin Gammat sy kop te krap en kry n luis. Hy kyk so lovely na die luis en laat die luis ook vry.
Abdol vra in disgust: “Waarvoo mak djy nie die goed vrek nie!?”
Gammat antwoord toe calmly: “Naai my broe, djy sien,daai is my kop-chommie!”
Nie lank daarna krap Gammat in sy hol en trek n wurm uit. Hy skreeu die dak af, smyt die wurm op die grond en trap dit vrek met sy skoen.
Abdol kyk hom so aan en vra: “Maar djy het dan die vlooi en die luis lat gan?”
Gammat sak toe af: “Jy sien my broer…ek het fokkol tyd vir Gatkrypers nie!”
***
4. Gamat, Abdol en Gatiep werk in ‘n fabriek in Epping.
Een oggend terwyl hule buite staan en rook, sê Gammat: “Manne, het julle gesien die baas loop elke dag vroeg?” “
“Ja!” antwoord die ander twee.
Gamat stel voor: “Nou ek sê julle wat, hoekom loop ons nie ook ‘n bietjie vroeër die volgende keer as die baas vroeg loop nie?”
Die volgende dag loop die baas ‘n uur vroeg by die werk en die manne loop vyf minute later.
Abdol gaan vang vis in die dam naby sy huis.
Gatiep gaan kroeg toe, kyk die game op TV en drink ‘n paar biere.
Gamat gaan na sy huis toe, loop in sy kamer in en sien sy baas saam met sy vrou in die bed.
Hy maak die deur saggies toe en verdwyn uit die huis sonder dat iemand hom sien.
Die volgende dag gesels die manne daaroor om weer vroeg te loop. “Nottedonner!”, sê Gamat.
“Ek was gister amper gevang!
***
5. Gammat en Abdol sit in die bus toe a dame inklim met ‘n gesig dik aangeplak van die make-up: bloedrooi lippe, sewe onderlae, en sulke groot eye lashes dat sy skaars haar oë kan oophou. Daar is geen oop sitplekke nie, so sy staan terwyl sy aan die leerbandjie hang “Hei Gammat,” sê Abdol, “hoekom laat jy nie die dame sit nie”
“Nei,” sê Gammat, “’n painting moet mos hang.”

Gatiep and Meraai Afrikaans Jokes
1. Gatiep is lus vir ‘n ietsie en vra vir Meraai of sy hom nie ‘n discount wil gee nie.
“Sure Gatiep, wat het djy?”
“Sorry Meraai, ek het net twie rand en ‘n paar tekkies,” sê Gatiep
“Ok, Gatiep, maar ek gaan doodstil wees – moenie vir daai chiep prys enige movements verwag nie.”
Gatiep besluit hier’s sommer ook sy kans om te wys hoe ‘n goeie lover hy is. Hy love soos nog nooit in sy lewe nie. Nie te lank nie, of hy voel Maraai se een arm om hom. En later die ander arm. Nou haal Gatiep alles uit, en nie te lank nie, of hy voel eers Maraai se een been en toe die ander om hom.
“En hoe dan nou, Meraaitjie , ek dog dan djy gaanie movements maak nie?”
“Shaddap Gatiep, ek pas die tekkies aan!
***
2. Gatiep verkoop vrugte in Mitchells Plain.
Hy loop na ‘n kar en skree: “Peske, Peske. Lekke peskes. Net vyf rand virrie laanie.”
Die ou in die kar vra: “Is hulle soet?”
Gatiep sê: “Dja menee, kyk hoe stil sit hulle!!”
***
3. Gatiep verkoop snoek teen die pad en skree: “Hier’s djou snoek”
‘n Motoris stop en vra: “Wat vra jy vir daai snoek?”
Gatiep antwoord: “Ons vra hulle niks. Wil djy hulle iets vra?”
***
4. Gatiep en Gamat kuier in die Mitchell’s Plein en besluit om ‘n draai in Gatiep se kar te ry.
Gatiep: “Bra Gamat, check bietjie of my indicators nog werk…”
Gamat: “Aweh, my lanie, sit hule aan.”
Gatiep: “Werk hule?”
Gamat: “Ja. Nee. Ja. Nee. Ja. Nee. Ja. Nee. Ja. Nee.”
***
5. Die duiwel besoek die Kaapse Vlakte en loop in Gatiep raak.
“Weet jy wie ek is?”
“Nei”, says Gatiep, “Gee ‘n skimp.”
Satan sê, “Ek is die Prins van Donkerte.”
“Jis,” sê Gatiep, “jhy’s mos die CEO van Eskom!”
***
6. Gatiep sit op die sypaadjie en dink oor sy lewe. Hy het sy werk verloor, Meraai het die kinders gevat en hom geskei.
Hy sien ‘n boks leë wynbottels en loop soontoe. Hy tel ‘n leë bottel op, smyt dit teen die muur, en skree: “Djy’s die rede hoekom ek nie meer ‘n vrou hettie!”
Hy tel ‘n tweede bottle op en gooi dit: “Djy’s die rede hoekom my kinners weg is!”
‘n Derde bottel: “Dis deur jou wat ekkie meer ‘n werk het nie!”
Hy tel ‘n vierdie bottel op en sien toe dat dit nog verseel en vol is. Hy sit die bottel neer en sê:
“Djy bly net hier vir nou, my broe. Ek kan sien djy was nie involved nie.”
***
7. Sê Meraai vir Gatiep: “Djy is sommer ‘n gemors. Djy gie my nie iens geld vir ‘n rok of skoene of fokol nie. Van vandag af as djy iets in daai kooi wil he, issit R10 oppie spieëltafel!!
Gatiep sê toe: “Nai, dis oraait, no problem. R10 issie geld nie.”
So gaan dit en hier by die 25ste van die maand krap hy in sy sak en hy het net R7. Hy vra vir Meraai: “Nou wat kry ‘n man vir R7?”
“Al wat jy kry is vryf, vroetel en vat!” tune Meraai.
“Sharp,” sê Gatiep. Hy vryf, vroetel en vat, vryf, vroetel en vat en daar spring Meraai uit die kooi uit en hardloop hangkas toe.
“Hei,” skreeu Gatiep, “wa gaat djy hien??? Ek het R7 betaal vir vryf vroetel en vat en is nog lank nie klaar nie!”
“Nei,” skreeu Meraai terug. “ek ga net check of ek nie R3 vir djou het om te lien nie!”
***
8. Gatiep en Meraai tel ‘n beursie op met R1 000 kontant, krediet, bank kaarte en kwitansies in.
Gatiep: “Jislaaik, Meraai, wat gaan ons met dit maak?”
Meraai: “Kyk, Gatiep, ons deel die duisend rand fifty-fifty en dan moer ons die kaarte en beurs weg!”
Gatiep staar vir ‘n wyle na Meraai en vra toe:”Maa’ wat dan van die an’e’ R900, Meraai?”